Reën tref Wes-Kaapse boere hard

2010-12-18 07:18
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Ná die groot reën die afgelope twee dae probeer inwoners en boere aan die Weskus die skade, wat na raming miljoene rande beloop, bepaal.

In die Sentraal- en Klein-Karoo is die droogte egter nog nie gebreek nie.

In Lutzville en Vredendal is daar veral kommer oor die besproeiingskanaal wat plek-plek weggespoel het en na verwagting eers einde volgende week herstel sal wees.

Die kanaal voorsien water aan boere in die omgewing. Daarsonder sal die gewasse in snikhete somersdae sonder water wees.

“Die grond is gelukkig nog nat, maar ons het net genoeg water vir drie of vier dae,” het Jacques Mollentze van Lutzville, wat met groente boer, gister gesê.

Kontrakteurs het reeds begin met die herstelwerk aan die kanaal, wat meer as R1,5 miljoen kan kos.

Benewens strukturele skade is die landboubedryf in dié omgewing ook deur die reën geknou.

“Die reën is ongekend,” het Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, gesê. “Wynboere kan vir drie weke nie by hul wingerde uitkom nie en siektes soos donsskimmel kan uitbreek. Botrytis kan in tafeldruiwe begin voorkom.”

Nico Greeff, voorsitter van die Tafeldruifvereniging in Vredendal, het gesê sekere druifkultivars wat na dele van Europa en die Verre Ooste uitgevoer word, is heeltemal deur die reën beskadig.

“Die flame seedless-tafeldruiwe het oopgebars en sommige boere het yslike verliese gely,” het hy gesê.

Volgens hom kan dié druifkultivar weens die reën ’n inkomste van slegs R20000 per hektaar druiwe vir 2011 lewer, pleks van R500 000 soos gewoonlik.

Andre Engelbrecht, ’n tafeldruifboer van Vredendal, het gesê hy verwag om ’n verlies van tussen R1 miljoen en R1,6 miljoen te ly.

“Ek kan gewoonlik 25 000 kissies druiwe van 4,5 kg elk per seisoen verpak, maar kon net 9 000 kissies verpak voordat die reën neergesak het.

“Die druiwe van die ander­16­ 000 kissies sal heel waarskynlik weggegooi moet word.”

Die reën het Donderdag vroegmiddag van die Weskus gewyk en gister in die vroeë oggendure in die Sentraal- en Klein-Karoo ophou val.

Ofskoon dit die afgelope twee dae 30 mm in Beaufort-Wes ge­reën het, het die Gamkadam geen water bygekry nie, het Hein Rust, hoof van rampbestuur van die Sentraal-Karoo-distriksmunisipaliteit, gesê, berig Tisha Steyn.

In Oudtshoorn, waar dit die afgelope twee dae 27,6 mm gereën het, word waterbeperkings verslap.

Damvlakke in die Suid-Kaap het ook danksy die reën gestyg.

In George het die vlak van die Tuinroetedam gister tot 91,49% gestyg, maar in Mosselbaai het die Wolwedansdam se vlak gister op 46,8% gestaan, berig Eugene Gunning.

Niek Koegelenberg van die Kaapstadse weerkantoor het gesê daar is vandag en môre aan die Weskus ’n kans op reën in Vredendal, Clanwilliam en Springbok. In die Suid-Kaap word reën vir Riversdal, Oudtshoorn, Stilbaai, Mosselbaai en George voorspel.

“Ligte reën word verwag en geen waarskuwings oor swaar neerslae is uitgereik nie. Teen Maandag sal daar net in die ­George-omgewing nog ’n moontlikheid van reën wees.”

- Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: boerdery  |  weer

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.