Reeksverkragter twee keer lewenslank gevonnis
2010-04-23 20:22
Johannesburg - ’n Reeks- en gewoonteverkragter is Vrydag in die Pietermaritzburg-hooggeregshof twee keer lewenslank gevonnis met ‘n bykomende 58 jaar.
Nadat Sibusio Sithole (34) in 2007 uit die tronk gelaat is, het hy jong vrouens na plekke gelok, hulle verkrag, aangerand en beroof, nadat hy gemaak het of hy hulle wil help.
Regter Kate Pillay het die vrouens wat braaf genoeg was om na die hof toe te kom en die trauma, veroorsaak deur Sithole, weer te herleef, bedank en geloof.
Hulle sal hul hele lewe lank 'n wrok teenoor die man dra, maar as hulle nie kom getuig het nie, sou baie ander vrouens moontlik slagoffers geword het, het hy gesê.
-Sapa