Reeksverkragter kry 135 jaar

2011-09-20 08:09
Tweets Share Share line Print

Virginia – ’n Reeksverkragter wat ’n skrikbewind in die Goudveld gevoer het, in hegtenis geneem is, ontsnap en toe daarna nog twee vroue aangeval het, is hier in die rondgaande hof 135 jaar tronkstraf opgelê.

Petrus Khotso Kalao (28), wat op 20 aanklagte tereggestaan het, is deur regter C.J. Musi op 15 daarvan, waaronder vyf van verkragting, skuldig bevind. Kalao se aansoek om verlof tot appèl teen sy vonnis is deur regter Musi geweier.

Daar is gelas dat van dié vonnisse samelopend uitgedien word en weens die samelopende effek daarvan sal Kalao effektief 45 jaar tronkstraf uitdien.

Hy is kort ná sy ontsnapping by die landdroshof in Augustus 2009 weer in hegtenis geneem waar hy met ’n gesteelde vuurwapen onder sy kopkussing geslaap het.

Hy is skuldig bevind op aanklagte van verkragting, poging tot verkragting, huisbraak met die opset om te steel en diefstal, roof met verswarende omstandighede, koperdiefstal van R26 000, die onwettige besit van ’n wapen en ammunisie, huisbraak met die opset om te roof, roof met verswarende omstandighede en ontsnapping.

Die eerste drie vroue, ’n ingenieursassistent (27), ’n voertuigbestuurder (40) en ’n banks­man (24), is die nag van 3 Julie 2009 by hul werkplekke by die Pres. Brand-goudmyn oorval.

Die ingenieursassistent en die voertuigbestuurder is verkrag en beroof en die banksman onsedelik aangerand, met ’n vuurwapen oor die kop geslaan, gewurg en beroof.

Ná Kalao se ontsnapping is op nog twee vroue toegeslaan – ’n prokureur (33) van die stad, en twee weke later haar buurvrou, ’n 41-jarige senior bestuurder by ’n groot maatskappy in die Noord-Vrystaat. Hulle het hom aan sy foto’s in Volksblad herken. Van die slagoffers is vir sielkundige behandeling in die hospitaal opgeneem en het in die verhoor getuig hul lewe is vernietig en sal nooit weer dieselfde wees nie.

Kalao was reeds op borgtog ná inhegtenisnemings op verskeie ander aanklagte toe die eerste vroue oorval is.

Hy is op ’n uitkenningsparade deur van die vroue uitgeken.

Adv. Colin Steyn het aangekla en ao. Yolanda Hulme was die ondersoekbeampte.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: hof  |  verkragtings

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.