Reeksverkragter in hegtenis

2012-02-02 19:58
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ‘n Veertigjarige man is in die Oos-Rand in hegtenis geneem nadat hy na bewering ongeveer 40 meisies tussen die ouderdomme van 10 en 14 verkrag het, het die polisie in Gauteng Donderdag gesê.

Die man is Dinsdag omstreeks 02:00 in Edenpark in hegtenis geneem, het lt. kol. Lungelo Dlamini gesê.

“Hy is in hegtenis geneem nadat een van die slagoffers hom na sy huis gevolg het en later die ondersoekbeampte ingelig het.”

Die meisies – van Katlehong, Thokoza en Vosloorus – is na bewering na ‘n oop veld gelok en daar verkrag tussen 2007 en 2011.

“Ná sy inhegtenisneming is ‘n uitkenningsparade gehou. Verskeie slagoffers het hom positief geïdentifiseer,” het Dlamini gesê.

Hy het gesê die slagoffers is almal op ‘n soortgelyke wyse en onder dieselfde omstandighede verkrag. DNS-uitslae van al die meisies verbind hom ook met die misdade.

Die man se modus operandi was om meisies te vind wat in die straat gespeel het en hulle van mekaar te verwyder deur hulle in verskillende rigtings te stuur. Hy sou dan een van hulle na ‘n oop veld neem, met ‘n geweer dreig en verkrag. Hy het na bewering meisies ook van winkels of winkelsentrums af gevolg en hulle daarvan beskuldig dat hulle geld vervals het.

“Hy sou aan hulle sê dat hy instruksies gekry het om hulle voor te keer en dat hulle in hegtenis geneem sou word. Terwyl hy gemaak het of hy hulle help om inhegtenisneming te vermy, het hy hulle na ‘n oop veld geneem en verkrag.”

Die man sal na verwagting Vrydag in die Alberton-landdroshof verskyn.

“Die polisie sal borgtog teenstaan om met die ondersoek voort te gaan en verdere uitkenningsparades te hou,” het Dlamini gesê.

- Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lees meer oor: verkragtings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Vryheidsparty? Die klein spintergroepie van die klein Inkatha partytjie? Wie gee om? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.