Reeksverkragter gesoek in Gauteng, Noordwes
2010-11-30 21:03
Kaapstad – Die polisie het Dinsdag ‘n beroep op die publiek gedoen om hulle te help om ‘n reeksverkragter wat in Gauteng en die Noordwes te werk gaan vas te trek, het Eyewitness News berig.
Die verdagte word gesoek in verband met sewe aanvalle op meisies, insluitende ‘n elfjarige, in beide provinsies.
Die reeksverkragter forseer sy slagoffers by sy motor in en die voorvalle vind gewoonlik op Sondae tussen 10:00 en 13:00 plaas.
Die man dra ‘n swart pruik, sonbrille en ry ‘n motor sonder nommerplate.
“Hy blinddoek hulle wanneer hulle binne is,” het Norman Taioe, Gauteng se hoof van polisie-speurders, gesê.
“Hy pleeg dan seksuele dade met sy slagoffers.”
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter