'Reeksverkragter' gee hom oor ná moord op Louise
2011-10-13 10:56
Johannesburg – 'n Vermeende reeksverkragter het na bewering skuld beken op die moord en ontvoering van die 16-jarige Louise de Waal, het die polisie Donderdag gesê.
Louise is Woensdagoggend ontvoer toe sy en 'n vriendin op pad skool toe was.
"Hy het homself vanoggend (Donderdag) by die Margate-polisiekantoor oorgegee," het maj.genl. Nobesuthu Masiya, waarnemende provinsiale polisiehoof, gesê.
Masiya het gesê ao. Peet du Toit, wat die ondersoek na De Waal se ontvoering gelei het, het die verdagte deur sy broer opgespoor en die man oortuig om homself oor te gee aan die polisie.
Die man word met nege sake van verkragting en 'n moordsaak verbind.
Die misdade word toegeskryf aan 'n man genaamd die "Sondag-verkragter".
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA