Redakteurs: Sê ons wat gaan aan met Madiba
2011-01-28 09:55
Johannesburg – Koerantredakteurs was dit Vrydag eens dat Suid-Afrika verdien om ingelig te word oor oudpres. Nelson Mandela se gesondheid.
Dit volg na ‘n sluier van geheimhouding Donderdag oor die internasionale ikoon se toestand getrek is terwyl hy in die Milpark-hospitaal met ‘n ineengestorte long lê.
“Suid-Afrikaners verdien ‘n regering wat hulle vertrou,” het Beeld-redakteur Tim du Plessis in ‘n redaksionele artikel geskryf.
Die Engelse dagblad The Star was in stryk met sy Afrikaanse eweknie.
“Vir iemand soos (Mandela) verdwyn die skeiding tussen privaat en openbaar, gegewe hoe miljoene mense rondom die wêreld oor hom voel.”
Volgens die nuwe koerant The New Age behoort die internasionale storm van aandag wat aan die 92-jarige Mandela se gesondheid gegee word gesien te word as ‘n teken van die waarde wat mense aan Madiba heg.
Waarnemende president Kgalema Motlanthe sou die media Vrydag rondom 11:30 toespreek by die hospitaal oor Mandele se gesondheidstoestand.
Vir die jongste nuus oor Mandela se toestand, volg MyNuus24 op Twitter of besoek ons Facebook-blad.
- SAPA