Ractliffe in hof oor diamante
2010-10-27 09:05
Johannesburg - 'n Voormalige trustee van die Nelson Mandela-kinderfonds, Jeremy Ractliffe, verskyn Woensdag in die landdroshof in Wynberg in Johannesburg op aanklagte van die besit van ongeslypte diamante.
Ractliffe is vroeër deur die supermodel, Naomi Campbell, uitgewys tydens haar getuienis in die verhoor van die voormalige Liberiese leier, Charles Taylor.
Daar word beweer dat Taylor 13 jaar gelede drie ongeslypte diamante aan Campbell gegee het. Sy het dit glo toe vir Ractliffe gegee.
Terwyl Campbell in Den Haag getuig het, het Ractliffe die diamante aan die polisie oorhandig. Hy staan nou tereg in verband met die besit van die diamante, 'n produk van die bloedige oorlog in Sierra Leone.
Taylor het reeds verklarings aan die nasionale vervolgingsgesag gemaak.
– RSG
Volg Nuus24 op Twitter