Rasherrie oor gala wat afgestel is

2011-03-06 10:32
Tweets Share Share line Print

’n Rasherrie het die Suid-Afrikaanse swemgemeenskap getref toe die nasionale swemgala vir skole op die nippertjie gekanselleer is.

Dit is gedoen omdat provinsiale spanne “uit 99% wit kinders” bestaan.

Die kampioenskap is afgestel enkele dae voordat dit Vrydag en Saterdag by die Kings Park-swembad in Durban gehou sou word.

Die beste jong swemmers in Suid-Afrika én ander Afrika-lande sou daaraan deelneem.

Woedende en teleurgestelde ouers wat reeds verblyf- en reisreëlings getref het, het aan Rapport gesê hulle is eers verlede Donderdag ingelig dat die gala van die baan is.

Daar word verneem die miljoene rande wat aan die Durban-byeenkoms bestee sou word nou vir die ontwikkeling van swemmers uit voorheen benadeelde gebiede gebruik gaan word.

Sommige ouers is so ontnugter dat hulle dit oorweeg om hul kinders buiteland toe te stuur om hul swemloopbaan in en vir ander lande voort te sit. Een het reeds swemfederasies in Amerika en Australië genader, terwyl ’n skool in Duitsland belang stel in ’n ander.

Sedert Suid-Afrika tot internasionale sport hertoegelaat is, het swemmers die meeste Olimpiese medaljes huis toe gebring.

Shaun Adriaanse, uitvoerende hoof van Swem Suid-Afrika (SSA) wat skole-swem administreer, het Rapport na die departement van sport verwys.

Paena Galane, woordvoerder van dié departement, het gesê daar is in Mei verlede jaar met belanghebbendes op ’n 50/50-kleurverteenwoording op skoleswembyeenkomste ooreengekom.

Slegs dán sou die departement dié byeenkomste verder ondersteun.

“SSA het nog ’n jaar gevra om met hul slegs-wit-program voort te gaan, maar die departement stáán by die ooreenkoms dat 50% ontwikkeling-swemmers móét wees,” het Galane gesê.

“SSA het op hul eie voortgegaan met dié kampioenskap wat 99% wit is. Daarom is dit (die nasionale kampioenskap vir skole) nie meer op die departement se kalender nie.

“In die gees van sportontwikkeling wil ons meer verteenwoordigende swemspanne sien voordat ons weer betrokke sal raak.”

’n Ingeligte bron het gesê die departement van basiese onderwys reik ook binnekort ’n verklaring hieroor uit.

Clive Cox, ’n swemafrigter, het gesê daar is onlangs besluit dat ’n ander gala vir slegs vlak1- en 2-swemmers gehou gaan word waarvan 50% ontwikkelingswemmers moet wees. Die beste swemmers is vlak3-swemmers.

Gerhard Labuschagne, ’n ontstelde Gautengse pa, het gesê dit het ouers baie geld gekos om hul kinders vir provinsiale proewe in te skryf.

“Ons het al plek in Durban bespreek en dit kos byna R10000 vir albei ouers om so ’n gala by te woon.

“Die meeste swemmers is ook afhanklik van beurse by skole. Dié wat nie beurse het nie, verbeur nou hul kans om ere-kleure as erkenning van hul skole te kry.

“Wat sê ’n mens nou vir jou kind wat graag vir Suid-Afrika wil swem, maar weens dit (die departement se ingryping) sy heil oorsee moet gaan soek?”

Braam van Niekerk, ’n pa van ’n 12-jarige topswemmer, het gesê hy kan hom nie indink wat die besluit aan ’n kind doen wat ’n jaar lank vir die kampioenskap geoefen het nie.

Mark Skea, ’n oud- nasionale swemmer en afrigter wie se kind ook sou deelneem, sê die kinders is die grootste verloorders.

“Wanneer gaan die burokratiese administrateurs op die regte kwessies, soos die swemmers, konsentreer en nie op hul verheerlikte ego’s nie?”

- Rapport

Lees meer oor: skandale  |  rassisme

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Tragies. So ken ons nie die bepaalde uur nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.