Ras-program by skool aangebied

2010-09-21 09:15
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - ’n Program teen stereotipering en rassistiese afknouery onder alle rassegroepe gaan by die Hoër Volkskool Heidelberg van stapel gestuur word.

Dié stap volg nadat daar verlede week weer bewerings oor aanrandings tussen leerlinge van verskillende rasse by die skool was.

Die beheerliggaam het gister in ’n verklaring gesê sedert hul aanstelling en dié van Jan van Heerden as skoolhoof verlede jaar is ses gevalle van aanranding by die polisie aangemeld.

Net twee daarvan kan as rassistiese afknouery geklassifiseer word, lui die verklaring.

In die eerste geval is ’n swart leerling skuldig bevind nadat hy ’n wit leerling sowat ’n jaar gelede aangerand het. In die tweede voorval, wat onlangs plaasgevind het, het ’n wit leerling ’n swart leerling glo aangerand.

Daar word nog op die uitslag van dié ondersoek gewag.

Volgens die polisie is 23 klagte van aanranding sedert 2006 by hulle aanhangig gemaak.

Luidens die verklaring was daar 14 sake (61%) waar wit leerlinge wit medeleerlinge aangerand het.

In twee gevalle (9%) het swart leerlinge ander swart leerlinge aangerand.

Daar was drie gevalle (13%) waar ’n wit leerling ’n swart leerling aangerand het en vier (17%) waar ’n swart leerling ’n wit leerling aangerand het.

Die statistieke dui daarop dat byna 70% van alle aanrandings nie oor kleurgrense heen gepleeg word nie.

Die beheerliggaam, onder voorsitterskap van Charl van Niekerk, het in die verklaring gesê hulle en die huidige hoof kan nie verantwoordelik gehou word vir wat voorheen gebeur het nie, maar hulle aanvaar die verantwoordelikheid om die probleem te probeer oplos.

Uit ’n voorlopige ondersoek oor probleme by die skool blyk dit dat stereotipering en leerlinge wat mekaar rassistiese name toesnou onder alle rassegroepe aan die orde van die dag is.

’n Program gaan nou in samewerking met die internasionale organisasie Youth Crime Watch opgestel word. 


- Beeld

Lees meer oor: rassisme

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Tragies. So ken ons nie die bepaalde uur nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.