Ras-pot prut oor miljoen bruines

2011-02-21 07:02
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Riskant, onsensitief en malligheid wat die potensiaal het om rassespanning in die Wes-Kaap aan te vuur.

Só het bruin leiers gereageer op navorsing van die vakbond Solidariteit wat toon dat bykans ’n miljoen mense – oftewel 80% van alle ekonomies aktiewe bruin mense in die Wes-Kaap – hul werk kan verloor as die regering met wysigings aan arbeidswetgewing deurdruk.

Voorgestelde wysigings aan die Wet op Gelyke Indiensneming wat bepaal dat nasionale demografiese syfers vir werkplek-aanstellings gebruik moet word, dien tans voor die parlement.

Tans word provinsiale bevolkingsyfers gebruik, wat bruin mense in die Wes-Kaap bevoordeel omdat hulle die grootste bevolkingsgroep in die provinsie is.

Patricia de Lille, OD-leier, glo die voorgestelde wetgewing is ongrondwetlik en sal nie die toets van grondwetlikheid slaag nie.

“Die wetgewing is nog nie finaal nie. Dit hou egter in sy huidige vorm implikasies in vir bruin mense in die Wes-Kaap. My raad is dat dit in die parlement beveg moet word. Vir my is dit net ’n voorstel en ek hoop dat die regering tot sy sinne sal kom.”

Rhoda Kadalie, menseregte-aktivis, het gesê die gebruik van nasionale bevolkingsyfers vir aanstellings sal bruin mense benadeel. Ek ondersteun nie regstellende aksie nie, maar as jy dit moet doen, moet dit reg gedoen word. Om nasionale syfers te gebruik, is om die bruin meerderheid in die Wes-Kaap te ignoreer, en hulle uit te sluit wanneer dit by werksgeleenthede kom.”

Peter Marais, voormalige Wes-Kaapse premier, het gesê: “Die ANC het duidelik ’n perd opgesaal wat hy nie enduit sal kan ry nie. Boere sal bruin plaaswerkers met swart arbeiders moet vervang. Dieselfde sal in die klere- en boubedryf gebeur. Dit kan onmin tussen bruin en swart mense saai. Dit is malligheid.”

Danny Titus van die Bruin Belange Inisiatief, wat saam met Marais ’n versoekskrif teen dié wysings opgestel het, glo ’n direkte gesprek met die ANC is nou die eerste prioriteit.

Christo van der Rheede, hoof van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans, beskou die voorstelle as “absoluut onsinnig, ondemokraties en onsensitief”.

“Dit hou enorme implikasies in vir die Wes-Kaap. Dit kan tot groot spanning in die provinsie lei. Dit grens aan etnisiteit. Jy kan nie een stuk benadeling regstel met ’n ander nie.”

Dr. Franklin Sonn, oud-ambassadeur, het gesê daar is vele aspekte in die arbeidswetgewing wat klaarblyklik negatiewe gevolge vir nasiebou sal hê. “Daar is nou ruimte om ’n konstruktiewe gesprek met die regering daaroor te hê.”)Prof. Pierre de Vos, grondwetkenner aan die Universiteit van Kaapstad, meen ’n sterk argument kan gemaak word dat die konsepwetgewing ongrondwetlik is.

Hy meen egter dit is “sterk gestel” om te sê ’n miljoen bruin mense kan hul werk verloor. “Ingevolge die wet kan jy nie een groep afdank om die ander groep aan te stel nie. Teikens moet nagestreef word. As iemand dus aangestel of bevorder word en daar is ’n wanbalans, moet iemand uit die onderverteenwoordigde groep aangestel word.”

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: regstellende aksie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Deon sê... Ek dink jy het 'n punt beet. Na al die bohaai is dit nie onmoontlik dat die oorspronklike verwyder is nie. Dit sal nou 'n gatslag vir die vandaliste wees. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Exec Multitronic
2005
R 165,000.00

BMW

120i (E87)
2005
R 172,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2008
R 146,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.