Rapport kry nuwe redakteur
2011-08-02 13:18
Johannesburg – Bokkie Gerber, voormalige redakteur van Sport24, is nou die nuwe redakteur van die Afrikaanse Sondagkoerant Rapport.
Volgens Esmaré Weideman, hoof- uitvoerende beampte van die beheermaatskappy Media24, neem Gerber die leisels by Liza Albrecht oor.
Albrecht het onlangs ‘n nuwe pos beklee. Sy is nou die hoof van die digitale platforms by Media24 se Afrikaanse titels.
Gerber was twaalf jaar lank Rapport se sportredakteur en die senior adjunk-redakteur tussen 2007 en 2009.
In 2009 het hy die stigtersredakteur van Sport24 geword toe Die Burger, Beeld, Volksblad en Rapport se sportafdelings saamgesmelt het.
In die video hieronder gesels die koerantman Tim du Plessis met Bokkie Gerber na hy die Piet Cillié-prys gewen het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA