Ramphele en Sexwale pak ANC oor planne

2010-08-12 08:35
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die media het nog ’n bondgenoot gekry in die vorm van die sakevrou dr. Mamphela Ramphele, wat gewaarsku het dat die statutêre beheer van die media nie die regering se probleme sal oplos nie.

“Waar is die sakelui wat hulle aansluit by Tokyo Sexwale om persvryheid te beskerm?” het Ramphele gevra by die Discovery Invest-leierskapberaad hier.

Sy het gesê die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting, wat dit moeilik vir joernaliste kan maak om staatsinligting te bekom en dit in die openbare belang te publiseer, is ’n “onuitwisbare herinnering” aan apartheid.

“Die wetsontwerp... en (media)tribunaal behoort alle landsburgers te laat wakker skrik uit die sluimering waarin ons klaarblyklik sedert 1994 is.”

Ramphele het gesê die gehalte van joernalistiek het agteruitgegaan weens ’n gebrek aan beleggings in opleiding en ’n vergoedingstelsel vir joernaliste.

“Politici wat bedreig voel, sal die swakpunte in die joernalistiek aanval... maar hulle moet nie dink dat beheer oor die media die land se probleme gaan oplos nie,” het sy gesê.

Vroeër het Sexwale by dieselfde geleentheid gesê dit sou ongrondwetlik wees om te probeer om die media “te vernietig en te beveg”.

Hy het gesê “’n warm debat” woed die laaste paar dae oor die media, in ’n klaarblyklike verwysing na die regerende ANC se voorstel om ’n mediatribunaal vir die gedrukte media op die been te bring.

Die voorstel word hewig deur onder meer die ANC-jeugliga ondersteun.

“Daar is ’n persepsie dat daar ietwat van ’n oorlog tussen... die ANC en die media is... Ek wil dit sonder enige dubbelsinnigheid stel dat daar nie enige grondigheid vir só ’n geveg behoort te wees nie.

“Dat die media beveg en vernietig moet word, sal ongrondwetlik wees. Dit druis in teen (oudpres. Nelson) Mandela se waardes en dit waarvoor ek geveg het,” het Sexwale te midde van luide applous gesê. 

- SAPA

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Tragies. So ken ons nie die bepaalde uur nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.