Ramphele betree politiek om 'land te red'
2013-01-27 15:01
Johannesburg – Die apartheidsaktivis en akademikus dr. Mamphela Ramphele wil glo die politiek betree.
Op 'n onlangse besoek aan Amerika het dr. Ramphele gesê sy samel geld in vir 'n politieke party en dat sy "die politiek betree om haar land te red."Ramphele het ook ondersteuning van ambassadeurs gevra.
Volgens Suid-Afrika se ambassadeur in Argentinië en voormalige DA-leier, Tony Leon, het twee mense wat teenwoordig was by Ramphele se vergaderings in Amerika dit bevestig, het Leon aan die
City Press gesê.
Die DA se leier, Helen Zille, het Ramphele verlede jaar probeer oorreed om by die opposisieparty aan te sluit, maar sy het die uitnodiging van die hand gewys en die Citizens Movement, 'n nie-regeringsorganisasie, gestig.
Volgens berigte het Ramphele besluit dat 'n sterker opposisie benodig word nadat pres. Jacob Zuma in Desember verlede as leier van die ANC herverkies is.
Ramphele was Saterdag nie beskikbaar vir kommentaar nie. Sy sal na verwagting binnekort 'n aankondiging maak.
Volg
Nuus24 op Twitter.
- SAPA