Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Ramphele: Ek praat vir myself

2013-01-29 17:04
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die menseregtestryder dr. Mamphela Ramphele het Dinsdag gesê sy sal self 'n aankondiging maak indien sy 'n politieke party gaan stig.

"Ek was nog altyd duidelik in die artikulering van my sienings oor kwessies van openbare belang en sal vir myself praat oor enige besluite wat ek dalk oor my toekomstige verbintenisse sal neem," het sy in 'n verklaring gesê.

Sy het gesê sy "dra kennis" van berigte dat sy beplan om 'n politieke party te stig.

"Ek wil dit op rekord plaas dat ek gesprekke met Suid-Afrikaners uit alle vlakke van die lewe gevoer het oor die stand van demokrasie in Suid-Afrika.

"Dié gesprekke is in ooreenstemming met die nasionale dialoog wat ek deur my jongste boek, Conversations with my Sons and Daughters, wil bemark."

Rapport het Sondag berig Ramphele is vroeër vandeesmaand na Amerika waar sy aan minstens een gehoor gesê het sy samel geld in vir ’n “politieke party” en dat sy "nou die politiek gaan betree om haar land te red”. Sy het ook ambassadeurs om ondersteuning bearbei.

Tony Leon, voormalige DA-leier, het aan City Press gesê twee mense wat haar vergaderings in Amerika bygewoon het, het dit afsonderlik aan hom vertel.

Helen Zille, DA-leier, het verlede jaar probeer om Ramphele sover te kry om by die DA aan te sluit, maar Ramphele het gekies om haar eerder toe te spits op die Citizens’ Movement, ’n nie-regeringsorganisasie wat sy gestig het om maatskaplike verandering te versnel.

’n Bron het gesê Ramphele meen sterker optrede is nodig ná pres. Jacob Zuma se herverkiesing as ANC-leier.
      
– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: mamphela ramphele  |  politiek
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

John Allers sê... player onthou u nog hoe die mense in sharpeville onder u bewind voor die loop van die geweer afgemaai was ? of is u 'n gebreinspoelde jong awb ? Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Accountant

Sandton
Communicate Cape Town IT
Market Related

Accountant

Sandton
Communicate Cape Town IT
Market Related

Cost Accountant

Sandton
Communicate Cape Town IT
Market Related

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.