Ramokgopa besoek Pelonomi-hospitaal
2010-11-05 23:07
Kaapstad - Gwen Ramokgopa, adjunk-minister van gesondheid, gaan die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein besoek om eerstehandse inligting te kry oor die voorval waarin 'n 35-jarige vroue-dokter verlede naweek by die hospitaal verkrag is.
Drie verdagtes, twee volwassenes en 'n 16-jarige, is in verband met die verkragting in hegtenis geneem.
Die voorval het Saterdag in die vroeë oggendure plaasgevind toe die dokter haar rondtes gedoen het.
Sy is deur die verdagtes oorrompel wat haar na 'n deel geneem het waar verbeterings aangebring word.
Ramokgopa sal deur die Vrystaatse LUR vir gesondheid, Sisi Mabe vergesel word.
- Volg Nuus24 op Twitter.