Radio-persoonlikheid Robin Alexander sterf
2012-01-04 16:25
Johannesburg – Die veteraan radio-persoonlikheid Robin Alexander, wat bekend was vir die sêding "brrright eyed and bushy tailed" is vroeg Woensdag in die ouderdom van 73 by sy huis in Parktown-noord oorlede, het sy vrou, Ros, gesê.
“Hy was besig om in die bed te klim toe hy net agteroor in die bed geval het,” het sy gesê.
“Ek het aanhou vra wat fout is en hy het gesê, ‘ek het borspyne’,” het Ros vertel.
Hy is om 12:05 aan ‘n hartaanval dood. Sy seun Ross sê sy pa was vir met meer as 10 jaar afgetree en was baie lief vir die lewe.
Sy ouers het baie gereis en was mal daaroor om tyd by hul huis in Shaka’s Rock aan die KwaZulu-Natalse noordkus deur te bring.
“Hy was mal daaroor om op die strand te wees,” het Ross gesê.
“Hy was ook baie besig en het baie saam met vriende uitgegaan vir ontbyt en middagetes, of hy was altyd besig met iets by die huis.”
Die familie het Kersfees en Nuwejaar saam deurgebring.
Behalwe vir sy vrou Ros en sy seun Ross, laat hy ook ‘n seun, Robbie, en ses kleinkinders agter.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA