Radar vertraag vlugte
2009-08-27 09:56
Johannesburg - Die radarstelsel by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg was Donderdagoggend vir 'n uur lank buite werking en het dus groot vertragings onder die plaaslike vlugte tot gevolg gehad.
"Die stelsel het omstreeks 05:30 vanoggend afgegaan,” het Solomon Makgale, woordervoerder van die Suid-Afrikaanse Lughawensmaatskappy(Acsa) gesê.
“Die verkeer en navigasiedienste het vroegoggend probleme met die stelsel ondervind voordat dit ons heeltemal in die steek gelaat het,” het hy verduidelik.
Die stelsel het weer teen 06:30 gewerk, maar die uur wat verlore gegaan het, beteken egter groot vertagings onder plaaslike vlugte vir die hele Donderdag.
Makgale het dié mense wat ‘n vlug vir vandag bespreek het, aangemoedig om die onderskeie lugrederye te bel om die nuwe tye te bevestig.
- Sapa