Raaiselagtige nota ná plaasmoorde gevind

2009-12-09 07:42
Tweets Share Share line Print

Tisha Steyn

Beaufort-Wes - ’n Nota wat geskryf is nadat ’n man drie mense koelbloedig op ’n plaas buite Beaufort-Wes afgemaai het, het gister die raaisel rondom die moorde laat verdiep.

Marthinus (Tiens) Esterhuizen (43) is Saterdagmiddag in hegtenis geneem in verband met die moorde op die volksanger Helena Nuwegeld (85) en Hendrik September (64), haar man, en Mistas John (38) op die plaas Nooitgedacht sowat 25 km buite Beaufort-Wes.

“Ek weet nie hoekom Tiens dit gedoen het nie,” het Gert van der Westhuizen, eienaar van die plaas en sakeman in die dorp, gister verslae gesê.

“Ek het ’n nota op die kombuistafel gekry wat sê: ‘ ’n Mens het nie geld nodig om in die hemel of in die hel te kom nie, maar jy kan ook nie sonder geld nie. Wat ek gedoen het, was my werk’. ”

“Hy het nie vir my gewerk nie. Hy het voorheen vir Transnet gewerk. Hy was nog nooit ’n boer nie. Hy het niks met my werkers te doen gehad nie. Hy het nie vir hulle opdragte gegee nie; niks.”

Volgens Van der Westhuizen het Esterhuizen die geld wat hy ná sy ontslag ontvang het op die internet weggedobbel. “Hy het sy huis, sy bakkie en sy motorfiets verloor. Nie een van sy ander vriende wou hom help nie en ek het hom jammer gekry.

“Ek het hom verniet hier laat bly en gesorg dat hy kos het.

“My goedhartigheid het in my gesig ontplof.”

David Kramer, wat Nuwegeld se talent as volksanger ontdek het, hanteer die reëlings vir die begrafnis. “David kom die naweek om alles te reël,” het Nuwegeld se dogter, me. Maria Nuwegeld, gesê. Hy sal ook vir die begrafnis betaal.

Esterhuizen het gister weer vlugtig in die landdroshof hier verskyn. Die saak is in die afwesigheid van sy regsverteenwoordiger tot volgende Dinsdag uitgestel.

- Die Burger

Lees meer oor: misdaad  |  plaasmoorde

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Koos sê... @Willem, hoop daar is 'n bus oppad wyl hulle in die pad besig is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

C#.net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 124,995.00

BMW

320d E90 Dsl AT
2007
R 265,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.