Raaisel oor padblits

2010-01-16 06:24
Tweets Share Share line Print

Thinus Dippenaar

Kaapstad - ’n Peperduur sportmotor wat ’n geheimsinnige weldoener aan Kaapse motorwagte geskenk het, word nou gebruik om geld in te samel vir slagoffers in Haïti.

Dié blinknuwe Audi R8 5.2 asook R20 000 is onlangs aan agt motorwagte by Tafelberg se kabelkarstasie geskenk.

Die Burger het sedertdien vasgestel die weldoener is ’n skatryk sakeman, Rob Taylor van Howick in KwaZulu-Natal. Hy het die Audi R8 in Desember verlede jaar vir R2,03 miljoen in Kaapstad gekoop.

Taylor was in 2006 in die nuus toe hy 207 km/h in sy Lamborghini Diablo gery het op die N3 naby Camperdown. Hy het destyds na bewering aangebied om dié motor vir die verkeersbeampte te leen “om homself te straf”.

Hy het nie gister sy selfoon geantwoord nie, en die rede vir sy vrygewigheid bly ’n raaisel.

Die motorwagte het sedertdien ’n gleuf in die motorkap op die neus gesny waarin die publiek geld kan sit. By die opening is die woorde A Future for All aangebring.

Martin Nahimana, een van die motorwagte, het gister gesê Taylor het hulle geïnspireer om geld vir liefdadigheid in te samel. Hulle het met sowat R5 000 wat hulle reeds ingesamel het kos verskaf aan haweloses wat onder Kaapstad se brûe slaap.

Slagoffers van die Haïti-aardbewing is volgens Nahimana volgende op die lys. Hulle het nog nie besluit hoe hulle die geld gaan stuur nie.

“Hy het net met ons begin praat en gesien hoe ons sukkel. Hy was geskok en het my gevra om saam met hom te ry sodat hy die motor se papiere vir ons kan gee,” het Nahimana gister gesê.

Nahimana moes toe sommer self agter die stuur van die sportmotor inspring en na ’n motorhandelaar bestuur. “Hy het vir homself ’n bromponie gekoop en die sleutels en die kwitansie van die motor vir my gegee.

“Ek kon dit nie glo nie. Ek wou nie ry nie, maar hy is daar weg op sy bromponie. Ek was bang en was vir omtrent ’n uur verward, maar hy het gesê ek moet die sleutels vat en terugry na die berg. Hy het gesê die motor behoort aan ons almal.”

Nahimana het gesê sy kollegas het aanvanklik gedink hy het die motor gesteel.

Hulle ry elke dag met die motor werk toe en parkeer dit in Tafelbergweg. Saans slaap die vuurwa naby die Woodstock-polisiekantoor, maar die polisie het reeds aangedui dat die motor nie vir altyd daar kan bly nie.

Taylor het glo aan die motorwagte gesê om “die boodskap van liefdadigheid te versprei”.

“Leer om met mekaar te deel. Die lewe van ’n motorwag kan ook verander en hy kan ook ’n duur motor bestuur,” het Taylor volgens Nahimana aan die wagte gesê.“Ons moet nou die boodskap versprei. Armes en rykes moet met mekaar deel,” het hy gesê.

Nahimana het gesê hul grootste probleem is dat die metropolisie hulle reeds 15 keer van die pad getrek het, maar hulle kon telkens die regte dokumente verskaf. Volgens hom het die metropolisie gedink hulle het die motor gesteel.

En nee, het Nahimana gesê: Hy dink nie daar is fout met Taylor nie – hy is by sy volle positiewe.

“In Haïti moet mense in die straat slaap omdat hulle bang is om in die geboue te slaap,” het hy gesê. “Ons gaan eerder vir hulle geld insamel as om die motor te verkoop.”

Die motor is uitgemaak aan die Angel’s Way Trust in Howick en is kontant gekoop.

- Die Burger

 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Tragies. So ken ons nie die bepaalde uur nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.