Raaisel oor erg verminkte babalykie

2010-08-10 09:23
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Welkom - ’n Raaisel omhul die grusame ontdekking van ’n babalykie, halfpad deur honde opgevreet, wat Maandag in die agterplaas van ’n huis in die woonbuurt Thabong gekry is.

Hoewel die polisie ’n klag van verberging van geboorte ondersoek, het paramedici op die toneel gesê die baba was moontlik nie pasgebore nie. As na die grote daarvan en die vorming van die skedel gekyk word, was die kind dalk reeds minstens vier maande oud.

Net die bolyf met linkerarm en kop van die baba was oor nadat die res waarskynlik deur die basterhonde in die erf opgevreet is.

David Motalingoane, die huurder van ’n hut in die agterplaas van die huis in Modikengstraat 3324, Thabong, sê hy het iets teen die huis se muur sien lê en eers nie besef dat dit ’n lykie is nie. Toe hy naderstap, het hy tot sy skok besef wat dit is.

Hy het die polisie ontbied, wat weer met die ambulansdiens in verbinding getree het.

Ao. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder, het by navraag gesê polisiebeamptes wat na die huis ontbied is, het ’n saakdossier van verberging van geboorte, wat beteken dié van ’n pasgebore baba, geopen.

Hy sê hulle vermoed dat die lykie Sondagnag iewers in die omgewing, waar dit moontlik deur die ma gelaat is, deur die honde gekry en huis toe gesleep is.

Hy sê die feit dat daar Maandag nie ’n teken van gate in die hoë heining was nie, beteken dit nie dat die honde wel uit die erf kon kom nie.

Met Volksblad se aankoms Maandag by die huis het omstanders ’n basterhond, wat in die son langs die huis gelê het en nooit vasgemaak word nie, uitgewys as die een wat moontlik die lykie daar aangebring het. In die erf was ook ’n groter hond wat aan ’n ketting vasgemaak staan, en drie jong hondjies wat naby die grote gespeel het.

’n Lykskouing vandeesweek sal wys presies hoe oud die baba was toe hy of sy dood is.

Khosana sê die polisie het nog geen idee wie die ma is nie en vra dat enigiemand met inligting wat hulle in die ondersoek kan help, om die plaaslike eenheid teen gesinsgeweld en seksuele oortredings, of met die naaste polisiekantoor in verbinding te tree. 

- Volksblad

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: lyke  |  babas  |  kindersterftes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Tragies. So ken ons nie die bepaalde uur nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.