Raaisel omhul moord op onnie

2012-01-03 10:48
Tweets Share Share line Print

Welkom – ’n Raaisel omhul die moord op ’n Welkomse onderwyser wie se lyk Saterdagoggend in sy huis in die woonbuurt Riebeeckstad hier gekry is.

Net ’n goedkoop DVD-speler is uit die huis van Ngwane Maxwell Hlatshwayo (50) in Mozartstraat 89 weg. Sy ringe en ander juwele het op die spieëlkas gelê langs die bed waarin hy vermoor is.

Die is die tweede moord op ’n onderwyser in dié woonbuurt binne agt maande.

Niemand is ook nog weens die moord op Piet van den Heever (65), oud-adjunkhoof en bekende provinsiale rugbyskeidsregter, in hegtenis geneem nie.

Van den Heever is in Februarie 2010 in sy bed in Wedepohlstraat 19, Riebeeckstad, waar hy gelê en koerant lees het, met skerp voorwerpe vermoor.

Hlatshwayo se vrou, Partia, en hul drie seuns, Thokozane, Nolumisa en Nhloso, bly op Ermelo waar sy werk.

Hlatshwayo was ’n onderwyser aan die Laerskool Reitzpark in Welkom.

Hy het sy onderwysloopbaan in 1986 begin en is in 1989 getroud.

Sy vrou en die polisie vermoed hy was Vrydagaand na ’n formele geselligheid, want hy het netjiese klere aangehad voordat hy vermoor is.

Hulle vermoed hy het iemand by die geselligheid ontmoet en die mens of mense is saam met hom na sy huis, waar hy in sy bed oorval en vermoor is.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê Hlatshwayo se lyk is Saterdagoggend deur sy huishulp gekry.

Sy mond was toegebind en lakens was om sy kop gedraai. Sy hande en voete was voor sy lyf vasgebind, en daar was snywonde aan sy kop. Hy is vermoedelik verwurg.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: moord

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Tragies. So ken ons nie die bepaalde uur nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.