Raadslid in hof ná hy ANC-veteraan steek
2011-11-29 21:58
Johannesburg – ‘n Thulamel-raadslid het in die
Thohoyandou-landroshof verskyn nadat hy skynbaar ‘n ANC-veteraan en voormalige Robben
Eiland-gevangene met 'n mes gesteek het.
Die ANC-raadslid, Mushoni Tshifhango is op
borgtog van R1 000 vrygelaat en die saak is tot 22 Desember uitgestel.
Tshifhango het die ANC-veteraan, Alson
Tshitahe, Sondag na aanleiding van ‘n argument met ‘n mes gesteek.
Die twee het gestry oor wie die nuwe
voorsitter van die ANC in die provinsie gaan wees.
Tshitahe het die aanval oorleef.
Volgens goewerneur Mashudu Malelo het Tshifhango
op sy beurt ‘n aanklag van aanranding teen Tshitahe aanhangig gemaak.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA