Raadslid doodgeskiet in kaping
2011-11-17 17:41
Johannesburg – ‘n Raadslid van die Mbizana-munisipaliteit in die Oos-Kaap is Donderdag doodgeskiet in ‘n kaping in Mount Ayliff, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Monwabisi Mfingwana is Donderdag in die vroeë oggendure doodgeskiet en sy lyk is langs die kant van die pad gelos, het kapt. Mlungisi Matidane gesê.
Die polisie het op ‘n wenk gereageer en die kapers opgespoor. ‘n Jaagtog het gevolg. Die vermeende kapers het beheer oor die gekaapte bussie verloor en teen ‘n huis vasgery.
Volgens Matidane het die polisie vyf mans tussen die ouderdomme van 24 en 35 in hegtenis geneem en op vier ongelisensieerde vuurwapens beslag gelê.
Niemand in die huis is beseer nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA