Groter salarisse vir raadslede geëis
2012-08-05 13:46
Johannesburg – Die salarisse van munisipale raadslede moet verhoog word om hulle in lyn te bring met dié van ministers en parlementslede, het die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regerings (Salga) aan die Sunday Times gesê.
Die salarisverhoging, sowel as eiendom- en motorversekering, moet deur die nasionale fiskus betaal word, het Xolile George, uitvoerende hoof van Salga, gesê.
Raadslede kort versekering, aangesien hul eiendomme gereeld tydens betogings beskadig word, het hy aan die koerant gesê.
“Ons moet die feit in ag neem dat dit ‘n groot risiko is om op plaaslike regeringsvlak as ‘n openbare verteenwoordiger te werk.”
Salga vra al vir die afgelope twee jaar vir salarisverhogings.
Salga wil hê vergoeding op ‘n plaaslike regeringsvlak moet gelyk wees aan provinsiale en nasionale regeringsalarisse, het George aan die koerant gesê.
Munisipale raadslede verdien tans R380 000 ‘n jaar, wat kan toeneem tot R401 000 in terme van ‘n voorgestelde salarisverhoging.
Ministers se salarisse kan van R1,9 miljoen toeneem tot bo R2 miljoen ‘n jaar, het die koerant berig.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA