Raad sê hoof moet pad vat ná bedrog

2011-04-01 09:10
Tweets Share Share line Print

Adv. Abbey Dlavane

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Noordwes – Die ANC-beheerde Dr. Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit in Noordwes het Donderdag eenparig besluit om sy geskorste munisipale bestuurder af te dank.

Adv. Abbey Dlavane se salaris van R1,1 miljoen per jaar wat hy die afgelope 14 maande tydens sy skorsing en hangende ’n interne ondersoek steeds ontvang het, verval met onmiddellike uitwerking, het Ryk van Jaarsveld, DA-raadslid in die distriksmunisipaliteit, gesê.

Die munisipale woordvoerder het nie Donderdag haar selfoon beantwoord nie.

Dlavane is einde verlede jaar ná die interne ondersoek en ’n tugverhoor skuldig bevind aan bedrog, growwe wangedrag, geldelike onreëlmatighede en dat hy nie die regte prosedures met die verkryging van goedere en dienste gevolg het nie.

Die Valke se kommersiële misdaadondersoekeenheid in Klerksdorp het hom vroeër vandeesmaand op aanklagte van bedrog en korrupsie in hegtenis geneem. Dié aanklagte hou verband met die misdrywe waaraan Dlavane tydens sy tugverhoor skuldig bevind is.

Hy het na bewering verlede jaar, terwyl hy geskors was hangende die tugondersoek teen hom, na sy kantoor gegaan, magtiging vir ’n tjek van R550 000 gekry en dit aan sy eie maatskappy oorbetaal vir dienste wat nooit gelewer is nie.

Die munisipaliteit het daarna die polisie betrek. Intensiewe ondersoekwerk het volgens lt.kol. Lesego Me-tsi, polisiewoordvoerder, tot Dlavane se inhegtenisneming gelei.

Brig. Thulani Ngubane, kommunikasiehoof van die polisie in Noordwes, het vroeër gesê die polisie soek ook na me. Onica Bogatsu, wat ook by die Dr. Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit werk en skynbaar soos ’n groot speld verdwyn het toe sy hoor die polisie soek na haar.

Sy is egter intussen op aanklagte van bedrog en korrupsie gearresteer en op borgtog vrygelaat.

By gister se raadsvergadering waar die ANC en opposisiepartye saam besluit het Dlavane moet afgedank word, is ook ooreengekom dat Oupa Sebolai, waarnemende munisipale bestuurder, sy volle samewerking aan die polisie en die regering se spesiale ondersoekeenheid sal gee om die saak teen Dlavane – en moontlik ander amptenare se betrokkenheid – te ondersoek.

Die Dr. Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit sluit die Ventersdorp-, Tlokwe-, Maquassi Hills- en Matlo-sana-munisipaliteite in.

Volg Nuus24 op Twitter

Lees meer oor: bedrog  |  anc  |  politiek

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Tragies. So ken ons nie die bepaalde uur nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.