RDK 'sal Mogoeng aanbeveel'
2011-09-04 20:01
Johannesburg – Die Regterlike Dienskommissie (RDK) sal aan President Jacob Zuma aanbeveel dat Mogoeng Mogoeng die volgende hoofregter moet wees, het ‘n kommissaris Sondag aan Sapa gesê.
Die kommissaris, wat op voorwaarde van anonimiteit gepraat het, het gesê lede van die RDK het in Mogoeng se guns gestem. Die RDK het Saterdag en Sondag ‘n onderhoud met die omstrede Mogoeng gevoer oor of hy ‘n gepaste keuse vir dié pos is.
Die onderhoud is Sondagmiddag afgesluit. ‘n Geslote sessie sou volg, waartydens lede van die RDK Mogoeng se gepastheid vir die pos sou bespreek.
Die RDK moet nog kommentaar lewer.
- Lees hier en hier meer oor Saterdag en Sondag se gebeure.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA