R92 000 se vullisdromme verwoes
2011-08-18 21:54
Johannesburg – Stakende munisipale werkers het R92 000 se plastiek-vullisdromme verwoes in Kaapstad sedert hulle Maandag begin staak het vir loonverhogings.
Die Stad Kaapstad het Donderdag gesê data oor die skade wat die stakers aangerig het, word ingesamel vir gebruik in dissiplinêre verhore.
“Hierdie inligting sal gebruik word vir dissiplinêre verhore en om kostes van die skade by die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) terug te kry waar hul betrokkenheid bewys kan word,” het die munisipaliteit gesê.
“Die munisipale dromme wat deur stakende werkers in die middestad alleen Dinsdagmiddag verwoes is, beloop skade van R92 326.”
Soveel as 3 799 personeellede (ongeveer 15%) van die stad se werkmag was Donderdag sonder toestemming afwesig van die werk.
“Vullisverwydering is steeds die afdeling van dienslewering wat die swaarste getref is – nie net weens ‘n gebrek aan personeel nie, maar ook weens geweld en intimidasie deur die stakende werkers.”
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA