R500 milj polisie-huurkontrak "ondersoek"
2010-08-08 06:02
Johannesburg - Die R500 miljoen huurkontrak van die polisiehoofkantoor in Pretoria gaan glo deur twee liggame ondersoek word, het die Sunday Times Saterdag berig.
Volgens die Sondagkoerant, het die kantoor van die openbare beskermer bevestig dat hy die ooreenkoms ondersoek, en dat die spesiale ondersoekeenheid miljarde rande se onreëlmatige huurkontrakte van die regering ondersoek.
Genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het volgens berigte die huurooreenkoms in Junie, sonder 'n openbare tenderproses, geteken.
Cele het intussen die bewerings ontken.
Die gebou is 'n week gelede deur die miljardêr Roux Shabangu, wat 'n string politieke kennisse het, gekoop.
Die polisie sal die gebou teen R500 miljoen oor 'n tydperk van tien jaar huur.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA