R50 000 per dag vir huise in ANC-feestyd

2011-12-06 08:01
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein. – Inwoners van ’n luukse woonbuurt in Bloemfontein kan byna R50 000 per dag verdien as hulle hul huise tydens die ANC se eeufeesviering aan hoëlui van die buiteland verhuur.

Van die inwoners in huise in Woodland Hills Estate wat meer as R3 miljoen werd is, is glo meer as R240 000 aangebied vir die vyf dae wat die staatshoofde hul intrek gaan neem.

Teen gemiddeld sowat R30 000 per dag gaan die 60 mense wie se huise gehuur word saam R10 miljoen of meer verdien wanneer die ANC van 5 tot 9 Januarie volgende jaar feesvier.

Die ANC het Maandag ontken dat belastingbetalers vir die oorsese gaste se verblyf gaan opdok.

William Bulwane, ANC-woordvoerder in die Vrystaat, het bevestig dat 60 huise in die veiligheidsbuurt gehuur is. Die ANC het die huiseienaars self genader.

Volgens ingeligtes gaan ’n bekende hotelgroep elke huis net met hul beddegoed en handdoeke inrig. Die huise sal egter eers ’n veiligheidsklaring moet slaag.

Hoewel die huise vir vyf dae gehuur word, sal die gaste glo net twee nagte daar bly. Die eerste dag sal veiligheidsmaatreëls ingestel word, die tweede dag sal die hotelgroep die huise inrig en op die vyfde dag word die huise skoongemaak. Die gaste sal die derde en vierde nag daar bly.

’n Plaaslike maatskappy gaan die huurkontrakte hanteer.

– Volg Nuus24 op Twitter

 

- Volksblad

Lees meer oor: anc

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Tragies. So ken ons nie die bepaalde uur nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.