R48 000 se drank gesteel
2009-10-07 11:26
Johannesburg – ‘n Groep gewapende mans het Woensdag ‘n Spar drankwinkel in Soshanguve van drank ter waarde van R48 000 beroof, het polisie in Pretoria gesê.
Kapt. Solly Marindi het gesê dat die polisie ‘n oproep van ‘n verbyganger ontvang het wat gesien het hoe twee Mazda bakkies Dinsdag om 22:30 drank van die Blok H winkel laai.
Toe die rowers die polisie sien het hulle in hul motors gespring en op die polisie begin skiet. Die polisie het teruggeskiet, maar niemand is beseer nie,” het Marindi gesê.
Die rowers het in verskillende rigtings gery en die polisie het hulle gejaag.
“Een van die bakkies het in ‘n baksteenmuur in Blok K vasgery, maar die insittendes het te voet ontsnap. Slegs ‘n paar bottels Jack Daniels is teruggekry, die meeste bottels het gebreek,” het Marindi gesê.
Polisie het die voertuig ondersoek en gevind dat dit nooit as gesteel aangemeld was nie.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
- Sapa