R3 000 vir pasmaat, maar nog g’n man

2011-02-20 07:33
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Alleenlopers word as sagte teikens gebruik om onder die dekmantel van godsdiens ’n stewige inkomste te genereer sonder dat die beloofde diens gelewer word.

Die enkellopende vrou wat dié beskuldiging maak, is Celeste Coetzee, ’n kunstenaar van Robertson in die Boland.

Coetzee glo sy is gevang om ten duurste – sy het R3 000 vir lidmaatskap betaal – aan te sluit by Duo Christi, ’n maatskappy wat vir eensames pasmaats vind.

Duo Christi word deur Hester Rhijnen vanaf Garsfontein, Pretoria, bedryf. Sy werf kliënte deur advertensies, onder meer in Die Erdekruik, ’n Christelike tydskrif wat maandeliks landwyd versprei word.

’n Advertensie onder die titel “Is jy alleen?” het tot nou toe gereeld daarin verskyn, maar is intussen onttrek. Dit lui dat “Hester van Duo Christi” onderneem om vir enkellopendes landwyd pasmaats te vind.

’n Kontantinbetaling in haar rekening, wat wissel van R3 000 tot R8 000, is ’n voorvereiste vir lidmaatskap.

“Ná ’n kort telefoniese onderhoud (die R3 000-opsie) belowe sy om die nuwe lid se telefoonnommer weekliks aan drie mans te gee. Indien daar geen reaksie is nie, belowe sy om lidtelefoonnommers te verskaf sodat jy self ander lede kan skakel. Niks van die beloftes realiseer nie.

“Sy tree onprofessioneel op indien daar vrae oor haar werkmetodiek aan haar gestel word, verloor haar humeur en druk haar foon dood tydens gesprekke.

“Alleenlopers voel oor die algemeen dat daar ’n soort stigma aan die kwessie kleef dat hulle van die soort diens gebruik moet maak en hulle wil dus so anoniem as moontlik te werk gaan.

“Ek vermoed dis hoekom Hester kan wegkom met die manier waarop sy kliënte hanteer. Ek glo hulle verdwyn maar net stilweg ná hul inbetaling sonder om enige of minimale diens te ontvang.”

Rhijnen ontken al die bewerings en sê Coetzee is te haastig en kan nie binne twee maande “wondere verwag” nie.

“Ek het baie tevrede en gelukkige kliënte. Daar sal beslis in so ’n bedryf ook ontevrede kliënte wees; ek het geen illusie daaroor nie. Daarom het ons ’n geskrewe ooreenkoms met elke kliënt wat ons vrywaar.

“Dit is ’n voorstellingsdiens vir Christene. Die mens wik en God beskik. Ek kan nooit daarop aanspraak maak dat ek vir mense sukses kan waarborg nie, maar ek het bewysbare suksesverhale. Dit is in ons Vader se hande en ek tree bloot as instrument op.”

Oor Coetzee sê sy “sê sy weeg 58 kg en is uiters aantreklik is en daarom verdien sy ’n man wat skatryk is en 40 tot 43 op die oudste, want die ouer mans verveel haar. Ek wag nou nog op ’n foto van haar.

“Omdat sy tot dusver oneties opgetree het, het ek vir haar gesê ek gaan niemand aan haar voorstel voordat ek ’n foto van haar ontvang het nie.”

Sy stel voor dat Coetzee haar strafregtelik aankla. “Die hof kan dan ons onskuld bepaal.”

Volgens haar was Coetzee slegs ’n week lank lid toe sy al begin om haar misnoeë uit te spreek “en het manne nie eens die geleentheid gegee om by haar uit te kom nie, toe sy my bel en sê sy wil nie meer deel wees van die ontmoetings nie.”

Coetzee bevestig dat sy 52 jaar oud is en het op Rhijnen se opmerking dat haar stem jonk klink, gereageer dat mans ook jonger as sy mag wees.

“Ek het myself as goed versorg en aantreklik beskryf en het dieselfde verwagtinge van ’n man. My vereiste was dat hy ’n professionele beroep moet beoefen en finansieel onafhanklik moet wees aangesien dit ook my posisie is. Ek het geen oproep tot op datum van ’n manspersoon ontvang nie en geen nommer is ook ooit aan my verskaf nie.

“Hester het ook nooit ’n foto aangevra nie. Ek het telefonies vrae beantwoord oor my voorkoms.

“Is ek oneerlik en oneties? Ek bevraagteken haar metodes oop en bloot sonder enige skuilnaam. Ek het twee maande gelede R3 000 aan haar oorbetaal sonder enige resultaat of dienslewering tot op datum.”

Intussen het Ciska de Beer, die redakteur van Die Erdekruik, alle advertensies onmiddellik onttrek.

In haar brief aan Rhijnen skryf De Beer: “Soos jy weet, het ons al baie klagtes in die verlede ontvang – en die tipe klagtes is meestal dieselfde elke keer. Ek kan nie toelaat dat ons verder betrek word hierby nie.

“Ons het ook klagtes uit verskeie streke ontvang wat tot gevolg het dat ons agente in die streke ook ongelukkig is. Die Erdekruik se visie en missie word negatief benadeel hierdeur en ons moet in belang van die werk van die Here optree.”

- Rapport

Lees meer oor: bedrog  |  kan jy glo

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Tragies. So ken ons nie die bepaalde uur nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.