R220 m. vir top-wonings

2011-12-30 07:41
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die regering het sedert Mei 2009 meer as R220 miljoen van belastingbetalers se geld bestee om luukse-wonings vir ministers en adjunkministers aan te skaf en op te knap.

Pres. Jacob Zuma het destyds ná sy aanwysing as staatshoof 13 ekstra ministers en adjunkministers aangestel.

In ’n skriftelike antwoord op ’n parlementêre vraag het Thulas Nxesi, minister van openbare werke, gesê die regering het sedert Mei 2009 R115,7 miljoen in Kaapstad en R71,2 miljoen in Pretoria bestee om nuwe huise aan te skaf om die “tekort” aan te vul.

In Kaapstad en Pretoria is onderskeidelik R28,7 miljoen en R5,6 miljoen bestee om kabinetslede se huise op te knap.

R1,2 miljoen is bestee om veiligheid by Hlengiwe Mkhize, adjunkminister van hoër onderwys en opleiding, se woning op te skerp nadat die regering reeds R6,4 miljoen betaal het om die huis te koop. Haar pos het voor 2009 nie bestaan nie.

Nuwe meubels en gordyne vir die huis van Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, het net minder as R700 000 gekos en nog R334 000 is aan opknappingswerk en toebehore bestee.

By die huis van Ben Martins, adjunkminister van openbare werke, is R140 000 aan gordyne en R770 000 aan meubels bestee.

Bantu Holomisa, UDM-leier, het gesê dit was ’n fout om die kabinet te vergroot, want Suid-Afrika kan dit nie bekostig nie.

“Ek glo nie dit was die regte besluit nie.

“Dit kos die staat baie geld. Stel jou voor ons het die R220 miljoen eerder gebruik om meer huise vir die armes te bou.”

Teen ’n geraamde koste van R35 000 per huis kon die regering meer as 6 000 laekoste-huise met dié bedrag gebou het.

Zuma het verlede maand nog vier adjunkministers aangestel.

Waar die land tydens oudpres. Thabo Mbeki se bewind 49 ministers en adjunkministers gehad het, is daar nou 66.

’n Minister verdien sowat R1,9 miljoen per jaar en ’n adjunkminister R1,5 miljoen.

Elkeen kry ook ’n motortoelae van sowat R1 miljoen.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: sa politiek  |  ministers

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Tragies. So ken ons nie die bepaalde uur nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.