R2 m. om premier se huis op te knap

2010-09-22 08:06
Tweets Share Share line Print

Beeld

Nomvula Mokonyane, premier van Gauteng, het meer as R2 miljoen se staatsgeld bestee om haar ampswoning te laat opknap.

Dié geld is gebruik vir onder meer die opknapping van meubels, ’n instap-aantrekkamer en die verf van mure in dié huis in die Johannesburgse spogbuurt Bryanston.

Dít het aan die lig gekom nadat Jack Bloom, DA-LPW, vrae oor dié ampswoning aan Faith Mazibuko, die provinsie se LUR vir infrastruktuurontwikkeling, gerig het.

Volgens Mazibuko is ’n versoek vir die opknapping van die huis in September verlede jaar gerig en is die werk in Januarie vanjaar voltooi.

Kabelo Thabethe, Mazibuko se woordvoerder, het by navraag Dinsdag “om veiligheidsredes” geweier om die adres te bevestig.

Luidens Mazibuko se skriftelike antwoord aan Bloom is die versoek intern hanteer en het dit onder meer werk ingesluit aan die hoofslaapkamer, suite-badkamer, kombuis en waskamer, asook nuwe gordyne en beddegoed.

Die R2 072 000 vir die opknappings is volgens Mazibuko goedgekeur nadat korrekte prosedures om die bedrag te bekom, insluitend tenders, gevolg is.

Die mure is deur verwers van die departement gedoen, terwyl verskeie kontrakteurs, insluitend Home Decor, Katanga/Delawood, Elna Curtains en Bakos Brothers, vir die res van die opknappings gebruik is.

Bloom meen die bedrag kan nie geregverdig word nie in die lig van die onlangse resessie.

Hy meen dit stel ook ’n “swak voorbeeld, terwyl die buitensporige vermorsing van geld in alle provinsiale departemente veronderstel was om verminder te word”.

“Dié geld kon beter bestee word op dienslewering aan minderbevoorregtes. Ten spyte van Mokonyane se goeie beloftes blyk dit sy is net so verslaaf daaraan om ’n hoë lewe te lei as haar voorganger, Paul Mashatile,” het Bloom gesê.

Mokonyane het glo vroeër in ’n toespraak verwys na ’n sigaarkamer wat Mashatile, huidige Gautengse ANC-leier en adjunkminister van kuns en kultuur, glo tydens sy verblyf in die huis laat inrig het en gesê sy het geen nut daarvoor nie.

Mokonyane, wat sowat R1,6 miljoen per jaar verdien, was onlangs in die mediakollig oor sowat R17 000 se verkeersboetes wat sy na bewering aan die Johannesburgse verkeersowerhede skuld.

Van die 50 spoedboetes wat na bewering op haar identiteitsnommer op die Johannesburg-metropolisiestelsel gelys was, word 37 glo aan drie van haar luukse motors verbind: ’n blou Mercedes-Benz W202, ’n swart BMW X5 en ’n rooi VW Jetta.

Thabethe en Mokonyane se kantoor het belowe om vandag op navrae te reageer omdat albei Dinsdag met die ANC se hoofraadsvergadering, wat tans in Durban plaasvind, besig was.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Tragies. So ken ons nie die bepaalde uur nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x4
2003
R 130,000.00

AUDI

A6 2.7 T Quattro Tiptronic MY00
2001
R 105,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2007
R 279,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.