R1,6 miljard vir Zuma, Motlanthe se nuwe stralers
2011-11-05 23:00
Johannesburg – Die staat sal R1,6 miljard spandeer op twee nuwe langafstand-stralers vir pres. Jacob Zuma en adjunkpres. Kgalema Motlanthe, het die Sunday Times berig.
Die koerant het berig dat dié besluit gemaak is ná tegniese probleme op vlugte die president en sy adjunk se lewens in gevaar gestel het.
Die departement van verdediging het bevestig dat 'n tender uitgereik is vir die aankoop van twee nuwe stralers vir die eksklusiewe gebruik van Zuma en Motlanthe.
Ndivhuwo Mabaya, woordvoerder vir die departement van verdediging, het gesê die departement is besig om te besluit of die vliegtuie gekoop of gehuur sal word.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA