R16 m om speurders op te lei
2011-11-20 18:01
Kaapstad – Nathi Mthethwa, minister van polisie, sê R16,2 miljoen is begroot om speurders op te lei om sodoende meer misdadigers aan die pen te laat ry, het RSG berig.
Altesaam 1 384 speurders sal in die huidige boekjaar opgelei word.
Mthethwa het ook misdadigers gewaarsku dat die polisie gerat is vir die komende feesseisoen.
Volgens die minister was daar in die 2009/2010 boekjaar 16 834 moorde gepleeg.
Meer as 8 500 mense is in verband met die misdade in hegtenis geneem, terwyl net meer as 'n derde van die verdagtes skuldig bevind en gevonnis is.
Volg Nuus24 op Twitter