R1,5 miljard aan Gauteng-hospitale geskuld
2011-07-20 20:07
Johannesburg – Meer as R1,5 miljard word aan hospitale in Gauteng geskuld, het die provinsiale departement van gesondheid Woensdag gesê.
Mediese fondse en ander befondsers skuld die departement R 1,67 518 352, het Simon Zwane, woordvoerder van die departement, gesê.
“Die bedrag wat geskuld word deur ander departemente en ander provinsies wissel tussen R4,4 miljoen en R672 miljoen,” het hy in ‘n verklaring gesê.
Jack Bloom, die DA se woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, het gesê dit is ‘n “skandaal” dat R168 miljoen aan die departement geskuld word deur private mediese fondse.
Hy het gesê die Gautengse departement van gesondheid het beloof om uitstaande betalings in te samel, maar dat min vordering oor die jare gemaak is.
“Die skuld hou aan om te groei, eerder as om te krimp,” het Bloom gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA