R15 milj se perlemoen gevind
2010-05-20 23:02
Johannesburg - Die polisie in die Wes-Kaap het beslag gelê op perlemoen ter waarde van R15 miljoen ná 'n jaagtog op die N2 naby Grabouw, het die polisie gesê.
"Die polisie en beamptes van mariene en kusbestuur was omstreeks 11:00 Donderdagoggend besig met 'n roetine-patrollie toe hulle 'n verdagte voertuig sien," het konst. Motlagomang Motsoeli gesê.
"Hulle het die voertuig probeer stop, maar die verdagtes het weggejaag, en die polisie het hulle agternagesit. Die wit bakkie het toe by 'n padstal in Houwhoek stilgehou en die insittendes het weggehardloop."
Die polisie het meer as 10 000 perlemoene in plastieksakke gevind.
Volgens die SABC is die smokkelaars steeds op vrye voet.
– Sapa
Volg Nuus24 op Twitter