R1.5 milj. se perlemoen by lughawe gevind
2011-03-02 20:00
Johannesburg - Die polisie het beslag gelê op sowat R1.5 miljoen se perlemoen by die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg, het ‘n SAID-woordvoerder Woensdag gesê.
“Dié reuse-perlemoenvonds kom nadat die polisie Dinsdag sowat 200kg dagga op die lughawe gevind het wat ingesmokkel is vanuit die Verenigde Koninkryk,” het Kumaren Moodley , woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), gesê.
“Die perlemoen, wat in die elfde vraghouer as die dwelms was, was glo vir die Verre Ooste bestem en is verklaar as pyp-toerusting,” het Moodley gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA