R146 miljoen vir boere
2009-08-08 13:26
Johannesburg – Die Landbank het ‘n reddingspakket van R146 miljoen beskikbaar gestel om boere wat sukkel om hul lenings terug te betaal, te help.
Dít kom nadat die Landbank meer as 500 boere wat nie hul lenings terugbetaal het nie, met regstappe gedreig.
Tina Joemat-Petterson, minister van landbou, bosbou, en visserye, het Saterdag aan die SABC gesê dié geld is nie ‘n moratorium op terugbetalings nie, maar ‘n manier om boere te help om die mas op te kom.
Sy het ook gesê dié pakket is ‘n manier om te verseker dat boere nie hul grond verloor nie.
– Sapa