R100,000 uit geslypte OTM gesteel
2010-02-14 13:52
Durban – Ongeveer R100,000 is uit ‘n kitsbank by Umlazi Ithala, KwaZulu-Natal gesteel nadat dit oopgeslyp is, het die polisie Sondag gesê.
“Sewe verdagtes het by 'n winkelsentrum ingegaan en dit gevandaliseer. Hulle het het ook ‘n OTM oopgeslyp met ‘n slypmasjien en ongeveer R100,000 geneem,” het supt. Vincent Mdunge gesê.
Die vermeende rowers het drie sekerheidswagte se hande aan hul knieë vasgemaak voordat hulle Saterdag moleste in die winkelsentrum veroorsaak het en die geld gesteel het.
Die wagte is eers rondom 21:00 deur hul toesighouer ontdek toe hy ondersoek instel het.
“Hy is toe ook vasgemaak,” het Mdunge gesê.
Die vermeende rowers het toe van die toneel af gevlug met ‘n sekerheidsvoertuig en ‘n vuurwapen.
Die sekerheidswagte is nie in die voorval beseer nie.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
- Sapa