R100 000 borgtog vir Bees
2010-08-30 15:37
Johannesburg - Die Blou Bul-stut Bees Roux is borgtog van R100 000 toegestaan en sal in aanhouding bly tot hy dit kan betaal.
Volgens Devereaux Morkel, joernalis vir Jacaranda 94.2 wat uit die hof tweet, is sy saak uitgestel tot 15 Oktober vanjaar.
Die landdros in die saak teen Roux het die saak vroeër Maandag ‘n skedule ses-oortreding verklaar.
Hy het Maandag in die hof verskyn op aanklag van moord en dronkbestuur.
Roux is Vrydag in die vroeë oggendure deur metropolisielede afgetrek omdat hy glo onder die invloed bestuur het. ’n Onderonsie het tussen hom en sers. Ntshimane Johannes Mohale (38) ontstaan, waarna Roux hom glo aangerand het.
Volg Nuus24 op Twitter.