'R1 miljoen vir moord op premier'
2010-07-28 13:46
Durban – Een van die vyf mans wat aangekla is daarvan dat hulle saamgesweer het om Zweli Mkhize, KwaZulu-Natal se premier, te vermoor, sou glo R1 miljoen ontvang het vir die moord.
Sizwe Mkhize het Woensdag in die landdroshof in Pinetown verskyn vir sy aansoek om borgtog.
Mkhize was glo ook betrokke by die sogenaamde Coca Cola- en Siyayinyomfa-krygsverrigtinge wat albei oproerigheid in KwaZulu-Natal wou aanhits.
Hy het glo soldate van Burundi probeer werf om dié krygsverrigtinge uit te voer.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA