R1 000 borgtog elk vir jaagduiwels
2011-12-25 21:33
Johannesburg – Drie jaagduiwels moes R1 000 borgtog elk betaal toe hulle vrygelaat is nadat hulle op Oukersaand betrap is, het die Johannesburgse metropolisie Sondag gesê.
“Die een wat die vinnigste gery het, het teen 194 km/h gejaag in ‘n grys Audi R8,” het supt. Wayne Minnaar, woordvoerder, gesê.
Die drie voorvalle het elk op die N1 Suid by Midrand plaasgevind.
Die drie motoriste sal Woensdag afsonderlik verskyn in die Randburg-landdroshof.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA