Puk-student sterf toe hy kind red

2010-05-10 06:35
Tweets Share Share line Print

Die steil wal en malende water van die Schoonspruit het die soektog na Michael Janse van Rensburg se lyk bemoeilik.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Nicolize van der Walt, Beeld

Klerksdorp. – ’n Puk-student het Sondag verdrink nadat hy ’n 14-jarige seun uit die kolkende vloedwater van ’n spruit op ’n gholfbaan gered het.

“Tannie, ek is regtig baie, baie jammer. Ek het nie bedoel dit moes gebeur nie,” het die seun op die toneel aan die ouers van Michael Janse van Rensburg (18) gesê.

Dié eerstejaarstudent, wat vir geoktrooieerde rekenmeester op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus gestudeer het, het Sondagoggend nog sy ma, Driekie Janse van Rensburg, met ’n Moedersdag-ontbyt in die bed bederf voordat hy gaan gholf speel het.

Die 14-jarige seun, wie se naam op sy ouers se versoek weerhou word, het saam met ’n vriend met ’n tuisgemaakte kaskar op die Klerksdorp-gholfbaan gespeel toe hy in die water val. Hy het om hulp geskreeu.

Janse van Rensburg, wat daar naby op ’n setperk was, het in die water gespring om die seun te red.

Hy kon die seun na veiligheid bring, maar het self onder die malende watermassa verdwyn.

Sy ouers, vriende, familielede en tientalle omstanders het ure lank langs die Schoonspruit gewag terwyl reddingswerkers na hom gesoek het.

Hulle het tot aan die einde steeds gehoop dat hy nog lewe.

“Ek dink ek moet net gou die huis bel. Net om seker te maak. Sê nou hy sit daar en weet nie almal soek na hom nie?” het ’n hartseer mev. Janse van Rensburg, ’n laerskoolonderwysers op Stilfontein, laatmiddag gesê.

Michael se pa, Dawie Janse van Rensburg, ’n regsadviseur by die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, het deurentyd stip na die water gestaan en kyk.

Oud-skoolvriende van Michael van die Hoërskool Wesvalia het ure lank by die gholfbaan gewag.

Sommige het van voor middagete af daar gesit en wag op tyding.

Hulle het Sondagaand, nadat sy lyk gevind is, in ’n plaaslike eetplek saamgekom om hul vriend se lewe te gedenk.

Michael se twee jonger broers, Dawie jr. en Jaco, het ook deurentyd langs die water gewag en hul ma kort-kort gaan vashou.

Die Janse van Rensburg-egpaar het mekaar net ná 18:00 styf vasgehou terwyl die duikers en reddingswerkers hul seun se lyk, ’n klipgooi van waar hy in die water verdwyn het, in die donker aan wal gebring het.

Rou snikke het deur die lug gesny en oral het mense mekaar in groepies staan en vashou.

Ds. Fanie du Plooy van die NG kerk Stilfontein het die gesin omhels en vir hulle gebid, ’n paar meter van waar hul seun en broer in ’n wit lyksak gelê het. Du Plooy het Michael as ’n held bestempel.

Kort daarna het die ouers van die 14-jarige seun, wat gesê het dat hulle nie “weet hoe om die mense in die oë te kyk nie”, hul medelye aan die Janse van Rensburg-gesin oorgedra.

“Daar is niks om voor jammer te sê nie. Dit was ’n ongeluk,’’ het mnr. Janse van Rensburg aan die emosionele egpaar gesê.
 

Lees meer oor: sterftes  |  verdrinkings  |  puk  |  studente

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Blapsie is nie in die "aan" posisie vanoggend nie - eerste koffie voor jy clevah kan wees ou Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Micra 1.5 DCi Tekna 3-dr Dsl
2007
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.