Publiek sal nooit Semenya-uitslae sien

2009-11-01 09:21
Tweets Share Share line Print

Erna van Wyk

Johannesburg - Die uitslag van die geslagstoetse op Caster Semenya deur die Internasionale Vereniging van Atletiek-federasies (IAAF) en die toetse in Suid-Afrika sal nié openbaar gemaak word nie.

Dít was die duidelike boodskap van die ANC se Semenya-taakspan.

“Niemand moet verwag om die uitslae te sien of dat dit bekend gemaak sal word nie. Dit is ’n vertroulike mediese aangeleentheid,” het mnr. Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, gesê.

Die IAAF vergader op 20 en 21 November en volgens berigte sal die geslagbepalingstoetse wat die IAAF tydens die Wêreld-atletiekbyeenkoms in Berlyn op Semenya uitgevoer het, hier bespreek word.

Mthembu het Donderdag herhaaldelik gesê dat die ANC ook daarop aandring dat “alle toetse” wat op Semenya gedoen is “ongeldig” verklaar word.

“Ons is daarvan oortuig dat die uitslae ten gunste van Caster sal wees. Sy is gereed om volgende jaar aan die Statebondspele deel te neem en ook in 2012 aan die Olimpiese Spele in Londen,” het Mthembu op ’n perskonferensie gesê.

Die ANC-taakspan het ook uitgevaar teenoor mnr. Leonard Chuene, president van Atletiek Suid-Afrika (ASA), die ASA-raad en die IAAF.

Die taakspan het sy ondersoek oor die manier waarop die Semenya-debakel hanteer is aan mnr. Makhenkesi Stofile, minister van sport, oorhandig om ’n “meganisme” in werking te stel wat die “waarheid uit ASA moet trek” oor dié sportliggaam se rol.

Mthembu het gesê hulle het vir pres. Jacob Zuma, Semenya en Suid-Afrikaners gelieg. “ASA moet om verskoning vra. Dit is net menslik dat mens nou nie meer enigiets glo wat hulle sê nie. Ons neem alles met ’n knippie sout.”

Chuene het onlangs sy deuntjie weer verander en ontken dat hy gejok het oor sy kennis van die geslagstoetse op Semenya.

Me. Winnie Madikizela-Mandela, wat deel van die taakspan is, sê die feit dat Chuene en ASA geweet het van die geslagstoetse en daaroor gelieg het, is “afgryslik” en dat dié liggaam onbeskaamd lieg.

Die ANC se Semenya-taakspan het bevind:

- Mnr. Leonard Chuene, ASA en die spandokter móét verantwoording doen.

- ASA was “baie verdedigend” en nie “eerlik” toe hulle ondervra is nie.

- Daar was ’n gesamentlike ooreenkoms tussen ASA en die IAAF om toetse op Semenya uit te voer.

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: caster semenya

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Baas sê... Kyk, dis dalk nie na almal se smaak nie, maar Lolly het rerig n empire uit niks gebou nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2002
R 49,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY96
1999
R 65,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.