Pta was teiken van terreur

2011-06-18 07:26
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Die Amerikaanse ambassade in Pretoria het in 2008 ’n dreigement van ’n Al-Kaïda-splintergroep ondersoek oor ’n beweerde beplande aanval met ’n springstofbelaaide vliegtuig op dié ambassade se gebou.

’n Vlieënier, genaamd Assan Shuaib Munir, sou na bewering die aanval uitgevoer het in direkte opdrag van Ayman al-Zawahiri.

Laasgenoemde was destyds een van Al-Kaïda se senior leiers en het pas ná die dood van Osama bin Laden die leierskap van die organisasie oorgeneem.

Die beweerde dreigement is vervat in ’n “veldverslag” wat deel is van dokumente wat Wikileaks nog nie openbaar gemaak het nie.

Dié dreigement is gedoen sowat ’n jaar voordat die Amerikaanse ambassade en verskeie ander Amerikaanse regeringsgeboue in Suid-Afrika drie dae lank weens nog ’n dreigement gesluit is.

Laasgenoemde dreigement is sover bekend deur Al-Shabaab, ’n Somaliese terreurgroep met bande met Al-Kaïda, gedoen.

Die dreigement in 2008 om met die vliegtuig teen die ambassade vas te vlieg, is egter verbind met ’n groep wat vanuit Marokko werk, genaamd Al-Qaeda in the Lands of the Islamic Maghreb (AQIM).

Luidens die veldverslag sou die beweerde aanval vroeg in November 2008 omstreeks 09:45 uitgevoer word.

Geen verdere inligting oor die plan of die soort vliegtuig wat gebruik sou word, kon gevind word nie, lui die verslag.

’n Databasis met besonderhede oor terreurverdagtes het geen besonderhede omtrent Munir bevat nie.

Die operateur wat die verslag saamgestel het, noem egter ook dat geen ander intelligensieverslae die beweerde aanval kon bevestig nie.

Hy noem dat AQIM nog nooit voorheen aanvalle in Suid-Afrika gedoen het nie én dit was te betwyfel of Al-Kaïda se senior leierskap ’n aanval in Suid-Afrika sou goedkeur.

“Hoewel Al-Kaïda-operateurs wel in Suid-Afrika aktief is, is die netwerk gewoonlik beperk tot die fasilitering van aanvalle in Europa,” lui die verslag.

Hoewel die egtheid van die dreigement dus betwyfel is, kon dit nie heeltemal geïgnoreer word nie – veral nie gesien in die kwesbaarheid van die ambassade-gebou nie, lui die verslag.

Elizabeth Kennedy Trudeau, woordvoerder vir die ambassade, het in reaksie gesê die Amerikaanse departement van buitelandse sake lewer as ’n reël nie kommentaar op dokumente wat uitgelek is nie.

Verslae uit die veld deel normaalweg inligting met Washington en Washington tree dienooreenkomstig op met opdragte.

“Verslae uit die veld is dikwels rou (ongetoetste) inligting. Dit is voorlopige inligting en dikwels onvolledig. Dit het ook nie noodwendig ’n uitwerking op beleidsbesluite nie. Dit is ook gewoonlik openhartig en behoort nie uit konteks geneem te word nie,” het sy gesê.

Luidens die terreurdatabasis van die Anti-Defamation League (ADL), ’n internasionale organisasie wat hom vir reg en geregtigheid beywer (www.adl.org), funksioneer AQIM hoofsaaklik in Algerië, Mali, Mauritanië, Niger, Tsjad, Senegal en Nigerië.

Die organisasie het in die verlede verskeie Westerlinge in Algerië ontvoer, asook bomme in dié land geplant. AQIM het egter ook heelparty van sy opgeleide operateurs na Irak “uitgevoer” om dáár selfmoordaanvalle op Westerlinge en Westerse ondernemings te doen.

Een van dié aanvalle was op ’n bus vol werknemers van die Amerikaanse konstruksiemaatskappy Halliburton op 10 Desember 2006 waarin vier Britte en ’n Amerikaner dood is.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Huh? Daar is net een ding wat hy kan vasvat en dit was vervang in 'n (nou beskadigde) portret Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Micra 1.5 DCi Tekna 3-dr Dsl
2007
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.