Pta-swendelaars in hegtenis
2010-10-08 22:24
Johannesburg - Twee mans wat aan werklose mense gesê het hulle is tradisionele dokters en hulle kan hul geld verdubbel, is Vrydag in Pretoria in hegtenis geneem, het die polisie in Gauteng gesê.
Die twee mans, onderskeidelik 31 en 32 jaar oud, het na bewering vir werklose mense gesê hulle is tradisionele dokters en kan hulle help om werke te vind en hul geld te verdubbel, het konst. Nari Setati gesê.
‘n 28-jarige vrou van Centurion het hulle Donderdag opgesoek in die hoop om ‘n werk te kry. Hulle het haar gevra om vir hulle R1 000 te gee en die Vrydag terug te keer om haar R2 000 te eis. Toe sy by hulle aankom het sy ander mense daar gevind wat op soortgelyke wyse geflous is.
Die polisie is gekontak en die twee mans is in hegtenis geneem. Hulle sal van diefstal aangekla word.
- Volg Nuus24 op Twitter