Pta net 'n wit buurt – premier

2012-02-21 07:02
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Teen einde vanjaar sal Suid-Afrika se hoofstad amptelik Tshwane wees as die regering sy sin kry.

Nomvula Mokonyane, Gautengse premier, het Maandag tydens haar provinsiale rede by die Universiteit van Pretoria se Mamelodi-kampus gesê dit is hoog tyd dat die “onsekerheid” oor die pleknaam Tshwane uitgeklaar word.

“Dit moet dringend gefinaliseer word. Pretoria is net ’n wit woonbuurt, dit is ’n ander plek as Tshwane,” het sy ná afloop van haar toespraak gesê.

Paul Mashatile, minister van kuns en kultuur, het aan Beeld gesê Pretoria is ’n woonbuurt van Tshwane net soos Sandton ’n woonbuurt van Johannesburg is. “Daar is nie meer ’n stad genaamd Pretoria nie. Dit is nou net ’n woonbuurt en dié kwessie is reeds lankal uitgeklaar. Die metro is ook Tshwane. Daar is geen verwarring nie.”

Die ANC wil hê die stad Tshwane moet voor die einde van die jaar amptelik as die land se hoofstad verklaar word.

“Ons wil egter nie met die kwessie na die Staatskoerant toe jaag nie, ons wil dit eers uitklaar met die partye wat by die dispuut betrokke is.

“Wetgewing vereis konsultasie oor die saak en die stad Tshwane moet eers vergaderings reël, waarmee hulle reeds besig is, om met die mense te raadpleeg. Hulle moet die kwessie met AfriForum, die ANC en ander belanghebbendes bespreek sodat niemand ná die tyd kan hof toe gaan en sê hulle is nie oor die saak geraadpleeg nie. Ons moet die kwessie nou uitklaar, maar daar is geen kortpaaie nie.”

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, was gister verbaas oor dié uitlatings. “As dit so was dat Pretoria nie meer die stad se naam is nie, hoekom wil hulle dan uitsluitsel hê voor die einde van die jaar? Daar is in verskeie forums reeds beslis die stad se naam is Pretoria en nie Tshwane nie.”

Die Gesagsowerheid vir Reklamestandaarde van Suid-Afrika (GRS) het in 2007 bevind Pretoria en nié Tshwane nie, is die land se hoofstad.

In Augustus dieselfde jaar het die hooggeregshof in Pretoria ’n dringende interdik aan die VF+ en AfriForum toegestaan wat die metroraad verbied het om Pretoria-naamborde met “Tshwane” te vervang.

In 2009 het die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika beslis die SAUK oortree sy uitsaaikode deur in sy TV-nuus na Tshwane en nié Pretoria nie, te verwys.

“Ons regspan het op drie forums geslaag en daarom is dit vergesog van die minister of die premier om nou anders te wil kom aanvoer.

“Sou daar enige naamsverandering wees, is ons regspan gereed om dit in die hof te beveg.”

Mashatile het gesê hy is bewus van teenkanting van onder meer AfriForum. “Ek gaan ’n vergadering reël om al die belanghebbendes bymekaar te kry sodat ons daaroor kan praat, maar die besluit berus by die nasionale regering.”

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: tshwane

Lewer kommentaar op hierdie artikel
143 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Koos sê... @Willem, hoop daar is 'n bus oppad wyl hulle in die pad besig is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C#.net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 124,995.00

BMW

320d E90 Dsl AT
2007
R 265,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.