Pta-‘kindermoordenaar’ ontken skuld

2010-10-05 05:17
Tweets Share Share line Print

Pretoria - ‘n Man wat daarvan aangekla word dat hy twee jong meisies ontvoer, verkrag en vermoor het, het Maandag onskuldig gepleit in die hooggeregshof in Pretoria.

Brian Mangwale (29) het beken hy ken een van sy beweerde slagoffers, die 10-jarige Masego Kgomo. Hy het egter aan die hof gesê hy dra “geen kennis van die misdade nie”.

Hy het onskuldig gepleit op aanklagte van die ontvoerding, verkragting en moord op die vyfjarige Sara Zitha in Soshanguve op 1 April 2006, en van die ontvoerding, verkragting en moord op die 10-jarige Kgomo in Soshanguve op 31 Desember 2009.

Kgomo se ma Kate en ander inwoners van Soshanguve het die vlugtige verhoor bygewoon. Hulle het T-hemde met Masego se gesig en die slagspreuk “Jy het ‘n kind seergemaak, jy het ‘n nasie seergemaak,” op gedra.

Die staat beweer Mangwale het Sara Zitha ontvoer. Sy het vermis geraak terwyl sy by haar tante in Soshanguve gekuier het. Hy het haar na bewering na ‘n rivier in Blok SS in Soshanguve gevat, waar hy haar verkrag en vermoor het en van haar liggaamsdele uitgesny het om vir gebruik in tradisionele medisyne verkoop te word.

Haar ontbindende lyk is twee maande later in die veld naby die rivier gevind.

Op 31 Maart verlede jaar het Mangwale na bewering vir Masego en haar maats gevra of iemand nie vir hom ‘n koeldrank sal gaan koop nie.

Masego het ingestem en hy het vir haar geld gegee toe sy terugkeer. Hy het haar na bewering gevolg toe sy saam met ‘n maatjie by ‘n winkel in is om kos te koop.

Daar het hy na bewering die jong meisie se maatjie geld gegee en haar weggestuur om lugtyd te koop. Hy het toe na bewering vir Masego verkrag en vermoor en weer sekere liggaamsdele uitgesny om as muti te verkoop.

Luidens die klagstaat het Mangwale agt dae later Masego se lyk in die bosse in die veld uitgewys.

Regter Bert Bam het Mangwale se verhoor tot 11 April volgende jaar uitgestel. Hy bly in aanhouding.

- Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: kindermishandeling  |  moorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Huh? Daar is net een ding wat hy kan vasvat en dit was vervang in 'n (nou beskadigde) portret Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Micra 1.5 DCi Tekna 3-dr Dsl
2007
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.